Nuwe kinderteater seisoen skop af op n hoë noot by Delvera op 15 Januarie 2012. POPPIE en BONGO is die hoofkarakters van ‘n kraakvars, prettige, eg Afrikaanse produksie vir kinders en almal jonk van gees wat afskop op 15 Januarie 2012 by Delvera.
Kliek hier vir die volledige nuwe program: Jan- Mei
Dit fokus op die vriendskap tussen Poppie en Bongo en hulle maltrap avonture. In hierdie musiek- en dans-produksie maak die gehoor kennis met boesemvriende Poppie en Bongo. Poppie is ‘n koei en Bongo ’n hond. Hulle is op pad om hul pikkewyn-maatjies, wat vasgevang is op ‘n olie-besmette eiland, te hulp te snel. Onderweg gooi hulle gou ‘n Kaapse draai en vermaak almal met hulle pittige humor en lekker saamsing-liedjies.
POPPIE en BONGO is ‘n Bongopop Media skepping en word na die verhoog gebring deur Spektrum Kinderteater. Hierdie unieke produksie is ‘n lewensgrote interaktiewe poppespel wat Suid-Afrika sal betower. Hulle eerste CD is ook beskikbaar en beloof om ‘n treffer by elke Afrikaanse gesin te wees! Poppie en Bongo is te siene op 15 Januarie 2012 om 12h00 as die nuwe kinderteater seisoen afskop by Delvera. Vir besprekings skakel 021 884 4353.
www.kinderteater.co.za
Vermaak vir oud en jonk sedert 1991
www.bongopop.com


